1 knoffelhuisie, fyngekap

1 groen bird’s-eye-brandrissie, fyngekap

6 salotte, fyngekap

10 klein eiervrugte

6 hoenderborsies

375 ml (1½ koppie) goeie hoenderaftreksel

75 ml (5 e) vissous

Olie om te braai

Om voor te sit

Gestoomde rys

2 hande vol elk vars basiliekruid en dille

Braai die fyngekapte knoffel, brandrissie en salotte saam tot die salotte sag en deurskynend is.

Sny die eiervrug se punte af. Skroei die heel eiervrugte op ’n verhitte roosterplaat totdat die vrugte oraloor pikswart is – trek net die erg verbrande skil af. Stoom die eiervrug in ’n bietjie water tot sag en gaar.

Plaas die eiervrug en die salotmengsel in ’n voedselverwerker en pols tot goed gemeng. Hou eenkant. Plaas die hoenderborsies en aftreksel in ’n groot kastrol. Voeg die vissous by en kook vir 5 minute.

Verhit intussen ’n bietjie olie in ’n wok tot warm. Voeg die eiervrugmengsel by en verhit. Voeg die eiervrugmengsel by die hoender in die kastrol. Verhoog die hitte en laat die mengsel kook tot die vloeistof met die helfte afgekook het. Dit moet ’n dik bredie wees.

Sit die hoender-en-eiervrug op ’n bed gestoomde rys voor en rond af met vars basiliekruid en dille.

Lewer 4-6 porsies