• 2 kg hoenderporsies
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml volvetmayonnaise
  • 250 ml blatjang
  • 30 ml heuning
  • 15 ml sterk kerriepoeier
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • 80 ml water
  • 5—10 ml mielieblom
  • Gekapte, vars pietersielie of koljanderblare, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderporsies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie of koljanderblare, goed en giet oor die hoender. Bedek met foelie en bak vir 40 minute.

Verwyder die foelie en bak oop vir nóg 20-30 minute tot die hoender goudbruin en die sous borrelend en lekker dik is. Sprinkel pietersielie of koljander oor voor opdiening. Sit voor op koeskoes of rys en bedien met ’n mengelslaai of groente.

Lewer 8 porsies