Proe egter hoe wonderlik die robuuste geure van paprika en chorizo-mossels mekaar komplementeer.

¦ 2 chorizo-worse, velletjies afgetrek en in dun skyfies gesny

¦ 45 ml olyfolie

¦ 2 uie, in dun wiggies gesny

¦ 5 knoffelhuisies, fyn gekap

¦ 60 ml tamatiepasta

¦ 250 ml droë witwyn

¦ 1 blik gekapte tamaties

¦ 3 ml gerookte paprika

¦ 250 ml hoenderaftreksel

¦ 125-180 ml room

¦ Sout, swartpeper en suiker na smaak

¦ 1 kg halfskulp-mossels

¦ Skeut suurlemoensap en vars gekapte pietersielie na smaak

Braai die chorizo-skyfies in die olyfolie in ’n vlak swaarboompot tot bros. Voeg die uie en knoffel by en braai verder totdat die uie amper sag is.

Voeg die tamatiepasta by en braai vir 2 minute. Voeg die witwyn by en laat vinnig opkook, terwyl jy die boom van die pot skraap en roer. Laat prut tot die witwyn met twee derdes afgekook is en voeg dan die tamaties, paprika en aftreksel by.

Verhit weer tot kookput en prut vir ongeveer 15 minute. Roer die room by en geur die sous na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die mossels by, roer liggies deur en laat die sous een keer goed opkook.

Bedek die pot en verwyder van die hitte. Laat die mossels vir ongeveer 10 minute in die warm sous staan en stoom. Lig die deksel en voeg vars suurlemoensap en pietersielie by.

Sit voor op lintnoedels of met korserige brood om die smullekker sous mee op te vee. Lewer 6 porsies.