• 8 hoenderporsies (boudjies en dye)
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml olyfolie
  • 1 groot ui, gekap
  • 125 g spekvleis, gesnipper
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 125 ml rooiwyn
  • 2 rooi brandrissies, ontpit en gekap
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 125 ml hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die hoender droog en geur met sout en peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender daarin tot goudbruin. Skep uit in ’n oondbak en hou eenkant. Braai die ui en spek in dieselfde pan tot gaar. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy die pan se boom skraap.

Voeg die brandrissies, tamatie en aftreksel by en laat kook sonder die deksel vir ongeveer 10 minute. Giet die sous oor die hoender in die oondbak en bedek met foelie. Bak vir 40 minute. Haal die foelie af en bak vir nog 15-20 minute. Sit voor op rys of kapokaartappels.

Genoeg vir 6-8 porsies