¦ 30 ml olyfolie
¦ 3 uie, gekap
¦ 2 rooi brandrissies, ontpit en fyn gekap
¦ 2 groen appels, geskil, ontkern en gerasper
¦ 250 ml pitlose rosyne of sultanas (of ’n mengsel van die twee)
¦ 500 ml bruinasyn
¦ 250 ml soetwyn, soos Hanepoot of Jerepigo
¦ 250 ml sagte bruinsuiker
¦ 60 ml heuning
¦ Sout na smaak
Verhit die olie en braai die uie, rissies, appels en rosyne saam tot die uie sag is. Voeg die asyn, soetwyn, suiker en heuning by en verhit tot kookpunt.
Prut stadig, terwyl jy nou en dan roer, tot dik en geurig. Geur met sout na smaak en bottel dit warm in gesteriliseerde flesse. Lewer 1,2 liter blatjang.
Kombuiswenk
Vir ’n lekker, soeterige brandsmaak, voeg 125 ml gesnipperde pikantrissies (PeppadewsTM) saam met die rosyne by die blatjang.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier