1 bos seldery, gekap met blare en al (hou ’n paar blare eenkant)

1 groot aartappel, geskil en in klein blokkies gesny

1 ui, fyngekap

3 knoffelhuisies, fyngekap

100 g botter

Sout en witpeper na smaak

750 ml–1 liter hoenderaftreksel

45 ml fyngekapte dille

180 ml suurroom

Verhit die seldery, aartappel, ui, knoffel en botter in ’n kastrol oor lae hitte tot die mengsel liggies begin braai. Geur met sout en witpeper, bedek die kastrol en stowe oor lae hitte tot die seldery sag is.

Die groente moenie bruin braai nie. Voeg die aftreksel en dille by en verhit weer tot kookpunt. Prut tot die seldery baie sag en die aartappels gaar is. Verpulp die sop. 

Lewer 4-6 porsies.