Kors

125 g margarien, by kamertemperatuur

125 ml suiker

1 eier, liggies geklits

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

Knippie sout

Vulsel

1,5 liter melk

50 g margarien

4 eiers

250 ml suiker

125 ml mielieblom

95 ml vlapoeier

125 ml koekmeel

Knippie sout

5 ml vanieljegeursel

Fyn kaneel

Kors: Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 36 cm x 27 cm. Klits die margarien en suiker saam. Voeg die geklitste eier by en meng deur. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg dit by die eiermengsel en meng tot ’n deeg vorm. Druk die deeg op die boom en kante van die bereide oondbak. Prik die boom van die kors oral liggies met ’n vurk. Bak vir 10-12 minute of tot ligbruin van kleur.

Vulsel: Verhit die melk en margarien in ’n kastrol oor matige hitte tot kookpunt. Klits die eiers en suiker saam tot lig en skuimerig. Sif die mielieblom, vlapoeier, meel en sout saam. Voeg die meelmengsel geleidelik by die eiermengsel, terwyl jy aanhoudend klits.

Roer ’n bietjie warm melk by die mengsel in en voeg alles by die warm melk. Verhit weer oor matige hitte, voeg die vanieljegeursel by en klits aanhoudend tot die mengsel verdik. Giet die vla in die bereide kors. Maak dit glad en strooi fyn kaneel oor. Laat afkoel. Sny in 5 cm blokkies. Lewer 20 blokkies.