60 ml botter

100 ml suiker

1 eier

250 ml koekmeel

3 ml koeksoda

5 ml kremetart

1 ml sout

100 ml lemoensap

Stroop:

100 ml suiker

250 ml lemoensap

5 ml fyngerasperde lemoenskil

15 ml botter

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n paar oondvaste bakkies met botter. Verroom die botter en suiker goed en klits die eier by. Voeg die koekmeel, koeksoda, kremetart, sout en lemoensap by en meng tot ’n gladde beslag.

Skep in die bakkies en bak vir 25 – 35 minute tot goudbruin en gaar. Verhit intussen ál die bestanddele vir die stroop saam tot kookpunt en prut vir ’n minuut. Giet die kokende stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom en sit voor met vla.

Lewer ses porsies.