• 500 ml suiker
  • 125 ml melk
  • 125 g botter
  • 60 ml kakao
  • 2 ml sout
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 125 ml grondboontjiebotter
  • 125 ml klapper
  • 750 ml hawermout

Voer ’n paar bakplate met bakpapier of waspapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Verhit die suiker, melk, botter, kakao en sout stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker gesmelt is. Verhit verder tot kookpunt en laat kook vir 1 minuut. Haal die kastrol van die hitte af en roer die vanieljegeursel en grondboontjiebotter by.

Sodra die mengsel glad is, voeg die klapper en hawermout by. Roer goed. Laat vir ’n paar minute afkoel en skep dan opgehoopte teelepels vol van die mengsel op die bakplate. Laat staan vir minstens 1 uur tot die koekies kamertemperatuur bereik het en heeltemal ferm is.

Voer ’n koekblik met waspapier uit en pak die koekies daarin. Bedek lugdig.

Lewer ongeveer 60 koekies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.