2 liter goeie vanieljeroomys, effens sag gemaak

1 liter goeie toffie- of sjokoladeroomys, effens sag gemaak

2 groot neutebroslekkers (pralien), fyn gekap

2 groot Crunchie-stafies, grof gekap

1 rolletjie Rolo-lekkers, gehalveer

100 g donker of melksjokolade, gesmelt

Voer ’n gesmeerde koekpan van 24 cm met kleefplastiek uit. Spuit die binnekant liggies met kleefwerende kossproei. In ’n groot mengbak, skep lepels vol van die vanieljeen toffie- of sjokoladeroomys. Sprinkel die gekapte neutebroslekkers, Crunchie-stukkies en Rolo-lekkers oor en drup die helfte van die gesmelte sjokolade oor alles.

Drup nou die orige sjokolade in die voorbereide koekpan. Skep die roomysmengsel uit die mengbak in die voorbereide pan. Maak seker jy skep dit styf in en verdig dit soos jy aangaan om seker te maak die eindresultaat het nie luggate in nie. Bedek en vries tot ferm.

Lewer 14-16 porsies.