• 500 ml sjokolade-haselneutsmeer (soos Nutella)
  • 125 g sagte botter
  • 430 ml gesifte versiersuiker
  • 2 ml vanielje-ekstrak

Klop die sjokoladehaselneut- smeer en botter saam tot lig en goed gemeng. Voeg die versiersuiker en vanielje-ekstrak by en klits weer tot goed gemeng. Keer die mengsel uit op ’n gesmeerde, uitgevoerde bakplaat en druk dit egalig vas. Verkoel vir 20 minute. Sny in blokkies en verkoel tot benodig.

Lewer ongeveer 4 dosyn blokkies fudge.

kombuisWenk

Dié fudge lyk ekstralekker as jy fyngekapte, geroosterde neute bo-op sprinkel en dit liggies met jou vingers vasdruk voor jy dit verkoel.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.