200 g melksjokolade van goeie gehalte, grofgekap

125 ml room

6 Romany Cream-koekies, grofgekap

100 g neutelekker (Peanut Snack), grofgekap

500 ml mini-malvalekkers Kakao, om oor te sif

Smeer ’n kleinerige, plat bak met gesmelte botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Smelt die sjokolade en room saam oor lae hitte (of in die mikrogolf teen 30% krag) tot glad.

Voeg die Romany Creams, neutelekker en mini-malvalekkers by en meng goed. Skep die mengsel in die voorbereide bak en smeer gelyk. Bedek en verkoel tot ferm.

Sny in dun skyfies en sif ’n bietjie kakao oor indien verkies. Lewer 10 porsies.