• 90 ml kakao
  • 50 ml water
  • 30 ml brandewyn
  • 500 ml yskoue room
  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 10 ml vanieljegeursel

Kors

  • pakkie (100 g) gemmerkoekies
  • 45-60 ml botter
  • Sjokoladesous, om voor te sit

Spuit ’n koekpan met kleefwerende kossproei en voer dit uit met kleefplastiek. Meng die kakao, water en brandewyn tot glad en hou eenkant. Klits die room goed styf en voeg die kondensmelk by. Klits goed deur. Voeg die kakaomengsel saam met die vanieljegeursel by en klits dit goed, tot die mengsel deurgemeng is.

Giet die roomysmengsel in die voorbereide koekpan en smeer gelyk. Sit dit in die vrieskas terwyl jy die kors maak. Verwerk die gemmerkoekies tot fyn krummels en voeg die botter by. Meng goed. Skep die krummelmengsel versigtig op die sjokolademengsel en versprei egalig.

Bedek met kleefplastiek en vries vir minstens 8 uur. Keer die roomyskoek uit op ’n mooi bord, sodat die kors aan die onderkant is. Giet sjokoladesous oor en sit dadelik voor. Lewer 8-10 porsies.



© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.