200 g donker sjokolade, gekap

100 ml brandewyn 

200 g sagte botter 

250 ml strooisuiker 

5 eiers, geskei 

200 g (2 pakkies) gemaalde  amandels 

3 ml bakpoeier 

30 ml kakao 

1 ml sout 

Versiersel: 

100 g donker sjokolade 

60 ml room 

Voorverhit die oond tot  180 °C en smeer ’n koekpan  van 24 cm deeglik met olie.  Bestuif goed met kakao. Smelt  die sjokolade, brandewyn  en botter oor lae hitte tot  glad. Verwyder van die hitte.  Voeg die strooisuiker en  eiergele by en roer tot die  suiker opgelos is. Meng die  amandels, bakpoeier, kakao  en sout in ’n groot bak en  giet die sjokolademengsel by.  Roer goed.

Klits die eierwitte  tot stywe punte vorm en vou  liggies by die sjokolademengsel  in. Giet in die pan en smeer  gelyk. Bak vir sowat 35 minute  tot die koek gaar is, maar nie  droog nie. (Die toetspen moet  nog effens klam wees as jy dit  uit die koek trek, maar daar  moenie rou beslag aan vaskleef  nie.) Verwyder uit die oond  en laat vir 15 minute in die  pan afkoel.

Keer uit en laat  verder op ’n draadrak afkoel.  Kap 60 g van die sjokolade en  verhit dit saam met die room  tot glad. Smeer oor die koek.  Rasper of skaaf die res van  die sjokolade bo-oor en laat  staan sodat die versiersel kan  stol. Bêre in ’n lugdigte houer.  Sit voor met geklopte room. 

Lewer 14 tot 16 porsies.