1 liter melk

180 ml vlapoeier

30 ml kakao

1 blik (397 g) kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

1 eier, geklits

2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies

Verhit 750 ml van die melk tot kookpunt. Meng die vlapoeier en kakao met die res van die melk en die kondensmelk tot glad. Voeg by die warm melk in die kastrol en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

Voeg die vanieljegeursel en geklitste eier by en meng goed. Rangskik ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbord van 35 cm x 20 cm. Skep ’n dun lagie van die sjokoladevla oor en smeer gelyk. Rangskik nog ’n laag beskuitjies oor en volg op met nóg ’n laag vla.

Herhaal dié lae en eindig met ’n laag sjokoladevla. Krummel die orige be-skuitjies bo-oor en verkoel oornag. Lewer 1 groot tert.