200 g donker sjokolade

400 ml room (verkoel 200 ml daarvan)

60 ml heuning of esdoringstroop

Kap die sjokolade en smelt dit saam met 200 ml van die room tot glad. Prut intussen die heuning of esdoringstroop tot dit ’n donkerder kleur het (maar nie brand nie) en voeg by die sjokoladesous.

Laat afkoel tot byna kamertemperatuur (maar nie gestol nie). Klits die 200 ml koue room styf en vou by die sjokolademengsel in. Giet in ’n mooi bakkie of glase en verkoel tot nodig. Sit voor met bessies of beskuitjies om in die mousse te doop.

Lewer twee tot vier porsies.