750 ml koekmeel

20 ml bakpoeier

5 ml koeksoda

80 ml kakao, gesif

450 ml suiker

3 ml sout

500 ml warm water

250 ml olie

60 ml asyn

10 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n standaardoondpan liggies met olie. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die droë bestanddele in ’n voedselverwerker. Voeg die water, olie, asyn en vanieljegeursel by en pols tot ’n gladde beslag.

Giet in die oondbak, smeer gelyk en bak 20 minute lank, of tot ’n toetspen skoon van die middel van die koek uitkom. Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of geklopte ganache en sjokoladekrulle (soos op die foto).

Lewer 24 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.