Beslag

250 g sagte botter

250 ml klam bruinsuiker

6 groot eiers

560 ml koekmeel

180 ml kakao

7 ml koeksoda

3 ml sout

5 ml fyn kaneel

1,5 kg vrugtekoekmengsel

90 ml brandewyn

Stroop

80 ml water

125 ml ligbruinsuiker

160 ml brandewyn

5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm goed met botter. Voer uit met drie lae bakpapier – op die boom en teen die kante van die panne. Sny ’n ekstra sirkel bakpapier om boop elke pan te pas. Verroom die botter en klam bruinsuiker tot lig en donsig.

Voeg die eiers by en klits goed. Sif die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die vrugtekoekmengsel en brandewyn by die bottermengsel en roer goed. Voeg alles by die droë bestanddele en meng goed. Verdeel die beslag tussen die panne, sit ’n sirkel bakpapier bo-op en bak vir 30 minute.

Verlaag die oondtemperatuur tot 120 °C en bak vir ’n verdere 1½ uur of tot deurgaar. Vir die stroop: Verhit die water en ligbruinsuiker tot die suiker opgelos is en kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte en roer diebrandewynenvanieljegeursel by. Skep die stroop oor die koeke en laat vir 20 minute in die panne afkoel voor jy dit uitkeer.

Laat op draadrakke afkoeltot kamertemperatuur endraaiinfoelie toe. Klam dit elke derde dag met ’n bietjie brandewyn aan tot ’n paardae voordiekoekgeëet gaan word. As jy wil, kan jy die koek met ganache en neute versier net voor dit voorgesit word.

Lewer 2 middelslagkoeke.