Huiskos. Bone en tamaties uit ’n blik is ’n redding – dit bespaar soveel tyd en moeite in die kombuis. En in hierdie resep werk dit heerlik saam met die skaapvleis.

30 ml olyfolie

1 kg skaaptjops uit die voorkwart

1 groot ui, gesny

2 knoffelhuisies, gesny

375 ml vleisaftreksel

1 x 410 g gekapte tamaties

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

1 x 420 g blik botterbone, gedreineer en afgespoel

60 ml fyngekapte vars pietersielie

Voorverhit die oond tot 160°C. Verhit die olie in ’n wye, oondvaste, vlak kastrol en verbruin die tjops daarin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde olie, tot sag.

Sit die tjops terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie, by. Bedek en bak vir ongeveer 1 en ’n half tot 2 uur, tot die tjops baie sag is. Haal uit die oond en sprinkel pietersielie oor. Sit voor op kapokaartappel, rys of koeskoes en bedien met slaai.

Lewer 6 porsies.