Slaaisous

100ml balsamiese asyn

15ml heuning

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Ekstra-suiwer olyfolie, om bo-oor te drup

Slaai

500g ryp, ferm aarbeie, skoongemaak en gehalveer

2 groot handevol vars basielblare, afgespoel en drooggedruk

1 groot handvol baba-spinasieblare, afgespoel en drooggedruk

150g bokmelkroomkaas, grof gekrummel

Maak eers die slaaisous: Verhit die balsamiese asyn en heuning saam tot kookpunt en kook vinnig tot die asyn effens afgekook is en begin verdik. Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Meng die aarbeie, basielblare en babaspinasie vir die slaai en verdeel tussen vier borde. Strooi die kaas bo-oor elke porsie slaai. Drup van die balsamieksous bo-oor en rond af met ’n bietjie olyfolie. Sit dadelik voor. 

Lewer vier porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.