15 ml olie

800 g varklies, ontbeen en in blokkies gesny

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

310 ml water

60 ml sojasous

30 ml soet rissiesous

15 ml heuning

2 knoffelhuisies, fyngekap

10 ml gerasperde vars gemmer

Gesnipperde grasuie en sesamsaad, om voor te sit

Verhit die olie in ’n wok en braai die varkvleisblokkies vinnig daarin tot bruin. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die water en 30 ml van die sojasous by en verhit tot kookpunt. Bedek die wok, verlaag die hitte en prut vir ongeveer 30-45 minute, of tot die vleis gaar is. Skep die varkvleis uit die vloeistof en hou eenkant.

Verhoog die hitte en kook die vloeistof in die wok af tot daar ongeveer 125 ml oor is. Voeg die orige 30 ml sojasous, soet rissiesous, heuning, knoffel en gemmer by. Verhit tot kookpunt en skep die varkvleis terug in die sous. Roerbraai die vleis in die sous tot klewerig en geurig. Sprinkel grasuie en sesamsaad oor. Sit die vleis voor op noedels of gestoomde rys, of met slaai.

Lewer 4 porsies