Wees gewaarsku – hierdie neute is verslawend!

  • 125 ml versiersuiker
  • 5 ml seesoutvlokkies
  • 5 ml paprika
  • 5 ml komyn
  • 5 ml rissiepeper
  • 15 ml koue water
  • 5 ml sojasous
  • 500 ml pekanneute

Paar jong roosmaryntakkies Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die versiersuiker, seesoutvlokkies en speserye in ’n mengbak. Voeg die koue water en sojasous by en maak aan tot ’n gladde mengsel. Voeg die pekanneute by en meng goed deur sodat elke neut met ’n lagie van die suikermengsel bedek is.

Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit liggies met kleefwerende kossproei. Skep die neute daarop en sprei dit egalig uit. Sprinkel ’n paar klein takkies jong roosmaryn bo-op. Bak die neute vir 10-12 minute tot goudbruin en bros. Laat die neutmengsel afkoel tot kamertemperatuur en haal die roosmaryntakkies uit. Bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer 500 ml neute