• 12 hoenderporsies
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 165 ml bruinasyn
  • 60 ml soet rissiesous
  • 125 ml water
  • 60 ml tamatiesous
  • 15 ml heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondbak uit met foelie, geur die hoenderporsies met sout en peper en pak dit in ’n enkellaag in die oondbak. Meng die asyn, soet rissiesous, water, tamatiesous en heuning en giet dit oor elke porsie hoender.

Bedek die bak met foelie en bak vir 1 uur. Verwyder die foelie, skep van die sous oor die hoender en bak verder tot die sous afgekook en klewerig is en die hoender goudbruin en gaar.

Lewer 6 porsies.