Hierdie gereg is goedkoop en maklik om te maak. As jy nie vars pynappel het nie, kan jy ingelegde pynappelstukke gebruik.

¦ 8 hoenderporsies

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper

¦ 45 ml olyfolie

¦ 500 ml water of ligte hoenderaftreksel

¦ 100 ml bruinsuiker

¦ 90 ml rooiwynasyn

¦ 80 ml sojasous

¦ 60 ml water

¦ Halwe ryp pynappel, skoongemaak en in hapgrootte stukkies gesny

¦ Vars koljanderblare, om af te rond

Geur die hoenderporsies goed met sout en peper en braai in ’n swaarboompan in die olyfolie, tot bruin. Voeg die water of aftreksel by, verhit tot kookpunt en verlaag die hitte sodat die vloeistof liggies prut. Bedek en prut die hoender tot gaar. Verhit die suiker, asyn, sojasous en water in ’n klein kastrol oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Laat een keer opkook en verwyder van die hitte.

Skep die pynappelstukke oor die hoender in die pan en giet die soet-suursous oor. Verhit tot kookpunt en laat prut tot die sous begin karamelliseer. Sprinkel vars koljanderblare oor en sit voor op koeskoes of gestoomde basmatirys. Lewer 4-6 porsies.