• 40 ml olyfolie
  • 1 ui, gehalveer en dun gesny
  • 5 ml gerasperde, vars gemmer
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 3 ml elk komyn, kaneel en neutmuskaat
  • 500 ml gaar rys (wit- of bruinrys)
  • Sap van 1 groot suurlemoen
  • 15 ml bruinsuiker
  • Sout en vars gemaalde swartpeper
  • 4 nektariens, ontpit en in happiegrootte stukkies gesny
  • 1 komkommer, in stukkies gesny ‘n Paar babawortels, in repies gesny
  • 45 ml vars koljanderblare of pietersielie, grof gekap
  • ’n Paar vars kruisementblaartjies, fyn gekap
  • Olyfolie en vars suurlemoensap

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, gemmer en knoffel daarin tot die ui gaar is. Voeg die speserye by en braai tot geurig.

Voeg die rys, suurlemoensap en bruinsuiker by en braai tot die rys met ’n speserylagie bedek is. Verwyder van die hitte en geur na smaak met sout en swartpeper.

Skep die rys in ’n bak en laat afkoel. Voeg die nektariens, komkommer, wortels en kruie net voor ete by. Meng liggies deur en bedruip met olyfolie en ekstra suurlemoensap. Geur weer met sout en vars gemaalde swartpeper indien verkies, en sit voor.

Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.