1 gerookte soutvarkboud van ongeveer 2,5 kg
5 liter water
125 ml bruinsuiker
30 ml sout
1 ui, in kwarte gesny
3 lourierblare
’n Duimgrootte stuk vars gemmer, in dun skyfies gesny
’n Paar heel swartpeperkorrels
1 kaneelstokkie
Glaseersel
45 ml sojasous
80 ml heuning
20 ml fyngerasperde, vars gemmer
Sit die varkboud in ’n diep kastrol en giet die water oor. Voeg genoeg water by om die boud te bedek. Voeg die bruinsuiker, sout, ui, lourierblare, vars gemmerskyfies, swartpeperkorrels en kaneelstokkie by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut baie liggies vir 30 minute per 500 g vleis. Vul die kookvloeistof gereeld aan sodat die boud deurgaans bedek is.
Haal die kastrol van die hitte af en laat die boud in die kookvloeistof afkoel tot louwarm. Trek die vel versigtig af, maar hou die vetlaag op die boud.
Voorverhit die oond tot 230 °C. Gebruik ’n skerp mes en maak vlak insnydings in die vet op die varkboud. Meng die sojasous, heuning en vars gemmer goed saam. Smeer die hele oppervlak van die boud met ’n dik laag van die glaseersel.
Oondrooster vir sowat 30 minute tot die vet ’n diepbruin kleur het.
Sit die boud op ’n opdienbord op ’n bed vars kruie. Sit dit warm, teen kamertemperatuur of selfs koud voor.
Lewer 8 porsies
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier