• 1 pak (500 g) spaghetti
  • 500 g hoenderlewers, goed skoongemaak
  • 45 ml botter
  • 5 repe spekvleis, fyn gesnipper
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 1 brandrissie, fyn gekap
  • 5 ml paprika
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • 90 ml sjerrie

Kook die pasta tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, sny die hoenderlewers in kleiner stukkies en hou eenkant. Verhit die botter en braai die spekvleis, ui, knoffel en brandrissie daarin tot gaar. Voeg die hoenderlewers by en braai tot liggies verbruin.

Geur met sout en peper. Voeg die gekapte tamaties, aftreksel en sjerrie by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 10 minute. Geur na smaak en skep die sous op die gaar, gedreineerde pasta. Sit dadelik voor.

Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.