• ½ pak spaghetti
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 4 groot murgpampoentjies, grof gerasper
  • 1 blikkie (170 g) tuna, gedreineer
  • Halwe bakkie grasuie- of swartpeper-geur roomkaas, teen kamertemperatuur
  • Skeut kookwater
  • Vars suurlemoensap en -skil na smaak
  • Sout en vars gemaalde swartpeper

Kook die pasta in ’n groot kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel oor lae hitte tot gaar. Voeg die murgpampoentjies by en braai tot gaar.

Voeg die tuna en roomkaas saam met die skeut kookwater by en verhit, terwyl geroer word, tot ’n romerige sous vorm. (Moenie die sous laat kook nie, maak dit warm tot net onder kookpunt). Voeg die gaar, gedreineerde spaghetti by en meng goed. Geur mildelik met suurlemoensap en -skil, sout, peper en sit dadelik voor.

Lewer 3 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.