• 1 pak (500 g) spaghetti
  • Water, sout en olie

Sous

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, baie fyn gekap
  • 2-3 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • Water
  • 2 blikke (170 g elk) tuna
  • Sout, peper en ’n knippie suiker
  • Fyngerasperde skil en sap van 1 klein suurlemoen
  • 30 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 125 ml gekrummelde fetakaas of fyngerasperde parmesaankaas

Kook die spaghetti in ’n groot kastrol met vinnig kokende soutwater en ’n spatsel olie tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer.

Maak die tuna-tamatiesous terwyl die pasta kook:

Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie stadig daarin tot sag en soet. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en prut die sous vinnig vir ongeveer 7 minute, tot dit redelik afgekook en geurig is.

Voeg die tuna by en geur na smaak met sout, peper en suiker, asook die suurlemoenskil en ’n skeut suurlemoensap. Laat prut die sous vir nog ’n minuut of twee en voeg die gedreineerde spaghetti by. Meng goed deur en sprinkel die gekapte pietersielie en kaas oor. Sit dadelik voor.

Lewer 6 porsie

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.