250 g spek, gesnipper

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

100 ml water

5 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

5 ml bruinsuiker

2 blikke (410 g elk) botterbone, gedreineer

’n Paar takkies vars tiemie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die spek in ’n kastrol tot bros. Skep uit met ’n gaatjieslepel en hou eenkant. Braai die uie in die uitgebraaide olie tot sag.

Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die gekapte tamaties, water, sout, peper en suiker by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 5 minute.

Voeg die bone, gaar spek en ’n paar takkies tiemie by en skep in ’n oondbak. Bak vir 30-40 minute tot die sous dik en afgekook is. Sit voor met eiers en roosterbrood.

Lewer 8 porsies