1 x 500 g pak droë bone, oornag geweek

Olie

1 gerookte varkskenkel

1 x 250 g spekvleis, fyn gesnipper

3 liter water

1 ui, gekap

1 wortel, fyn gekap

80 ml tamatiepasta

Sout en peper na smaak

250 ml suurroom

Dreineer die bone en spoel af met koue water. Sit die bone in ’n groot kastrol. Braai die skenkel en spek in ’n ander pot tot die spek bros is. Voeg dit alles by die bone in die groot kastrol en voeg die water by. Verhit tot kookpunt, bedek, en prut stadig vir ongeveer 1½uur. Skep enige skuim en onsuiwerhede wat bo-op vorm gereeld af. 

Voeg die uie, wortel en tamatiepasta by en prut vir nog twee uur. Voeg nog water by as die sop te dik raak en roer nou en dan. Haal die skenkel uit die sop en sny die vleis af. Sny die skenkelvleis fynen voeg dit weer by die sop.Gooi die been weg. Geur nou die sop met sout en peper en roer die suurroom deur net voor opdiening. 

Lewer agt porsies