180 ml sagte botter of margarien

250 ml witsuiker

2 ekstra groot eiers

5 ml vanieljegeursel

625 ml koekmeel

10 ml kaneel

5 ml fyn gemmer

3 ml gemengde speserye

5 ml bakpoeier

2 ml sout

Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanieljegeursel by. sif die meel, speserye, bakpoeier en sout bo-oor en meng tot ’n sagte deeg. Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir minstens 30 minute.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die deeg uit die yskas, laat tot kamertemperatuur terugkeer en rol op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Druk vorms uit wat by die Paastema pas, rangskik op gesmeerde bakplate en bak vir 10-12 minute of tot die rande van die koekies teen die kante begin verkleur.

Laat effens op die bakplate afkoel voor dit afgehaal word. Maak drupversiersel aan met gesifte versiersuiker en ’n bietjie melk en versier die koekies verder daarmee.

Lewer 60 koekies.