¦ 375 ml koekmeel

¦ 3 ml fyn kaneel

¦ 3 ml fyn naeltjies

¦ 2 ml fyn gemmer

¦ 1 ml fyn neutmuskaat

¦ 2 ml sout

¦ 125 g sagte botter

¦ 180 ml witsuiker

¦ 1 ekstragroot eier, teen kamertemperatuur

¦ Kaneelsuiker (gemaak met strooisuiker), opsioneel

Sif die meel, speserye en sout saam in ’n mengbak. Verroom die botter en suiker in ’n ander mengbak tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits goed. Voeg die meelmengsel by en meng tot ’n deeg vorm. Druk die deeg bymekaar in ’n bol en druk die bol deeg plat. Draai die deeg in kleefplastiek toe en verkoel vir minstens 2 uur of oornag.

Wanneer jy reg is om die koekies te bak, voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg versigtig op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 3 mm dik. Druk vorms van jou keuse uit die deeg en lig dit met ’n spaan of slaplemmes tot op die bakplate. Bak die koekies vir ongeveer 10 minute, tot liggoudbruin.

Haal die koekies uit die oond en sprinkel ’n bietjie kaneelsuiker oor die warm koekies, indien verkies. Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel en lig dit dan af tot op draadrakke om verder af te koel tot kamertemperatuur.

Lewer 4 dosyn koekies.