• 250 g gaar spaghetti
  • 60 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, geskil
  • 2 rooi jalapeñorissies, ontpit en in dun ringetjies gesny
  • Skeut suurlemoensap
  • Ongeveer 24 groot steurgarnale, ruglangs oopgesny en die dermpie verwyder
  • Sout en vars gemaalde swartpeper
  • Vars koljanderblare en vars suurlemoen, om af te rond

Verhit die olyfolie in ’n pan tot louwarm. Voeg die knoffel en rissies by en verhit verder oor lae hitte tot die knoffel en rissies liggies begin braai. Braai vir ongeveer 1 minuut oor lae hitte sodat die knoffel en rissies gaar word en die olie geur, maar nie verbruin nie. Skep die knoffel en rissies uit en giet alles buiten 15 ml van die olie uit die pan saam met die gebraaide knoffel en rissies.

Verhit nou die 15 ml oorblywende olie in die pan tot baie warm. Voeg die steurgarnale by en braai vinnig vir ’n paar sekondes tot net-net gaar. Voeg die gaar spaghetti by, asook die rissies, knoffel en gegeurde olie en verwyder die pan van die hitte. Skud die pan liggies om die spaghetti met die geurige olie te bedek. Sit dadelik voor, afgerond met ’n paar vars koljanderblare en ’n vars suurlemoenwiggie.

Lewer 4 porsies.


© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.