Ongeveer 36 steurgarnale met dop en kop, ruglangs oopgevlek en dermpies verwyder

Marinade

60 ml olie

60 ml suurlemoensap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

10 ml fyngerasperde, vars gemmer

10 ml sojasous

15 ml heuning

3 ml paprika

2 rooi brandrissies, baie fyn gekap

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Pak die steurgarnale in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak. Meng 45 ml van die olie goed met die res van die marinadebestanddele en giet dit oor die steurgarnale.

Bedek met kleefplastiek en laat marineer in die yskas vir minstens 30 minute, maar verkieslik vir 2 uur. Haal uit die yskas en laat die steurgarnale kamertemperatuur bereik.

Verhit die orige 15 ml olie in ’n groot pan of wok. Skep die steurgarnale met ’n gaatjieslepel uit die marinade en roerbraai vinnig oor hoë hitte tot die steurgarnale pienk begin verkleur.

Voeg die orige marinade uit die bak by die steurgarnale in die pan of wok en roerbraai nog ’n rukkie. Sit dadelik voor met gestoomde rys of aartappelskyfies en ’n vars groenslaai.

Lewer 4 porsies