500 g droëperskes

Kookwater

2 kaneelstokke

15 ml vlapoeier

60 ml suiker

Bietjie koue water

Sit die droëperskes in ’n bak en giet genoeg kookwater oor om dit te bedek. Laat staan vir 30 minute tot die perskes uitgeswel is. Sit die perskes (en die weekwater) in ’n kastrol en voeg die kaneelstokke by. Verhit tot kookpunt en laat prut stadig oor lae hitte tot die perskes sag is.

Meng die vlapoeier met die suiker en ’n bietjie koue water tot ’n gladde mengsel. Voeg die helfte van die vlamengsel by die perskes in die pot en verhit tot kookpunt terwyl jy roer. Laat prut vir ’n paar minute tot die sous effens verdik is.

As die sous nog nie dik genoeg na jou smaak is nie, voeg die res van die vlamengsel by en kook weer deur. Haal die kaneelstokke uit. Sit die perskes voor as bykos by wildsvleisgeregte, kerriegeregte of roosterstukke.

Lewer 4-6 porsies.