Die vinnigste, maklikste manier om ‘n vaal sny brood, smaaklose pasta of ‘n bak vervelige slaaiblare op te kikker, is met ‘n slim sousie, smeer of patee.
Hierdie sous is so lekker, ek koop deesdae blaarslaai net sodat ek ’n verskoning het om nog slaaisous te eet. Dis romerig, maar vars en kikker ’n groenslaai in ’n kits op. As die sous te dik is na jou smaak, voeg ’n skeut koue water by en klits deur.
90 ml mayonnaise
90 ml olyfolie
1/2 ui, fyn gerasper
1 knoffelhuisie, baie fyn gekap
Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen
5 ml Dijon-mosterd
3 ml seesout
3 ml witpeper
15 ml fyngekapte vars dille
Meng die suurroom, mayonnaise en olyfolie saam tot glad. Roer die uie en knoffel by. (As jy die sous baie glad wil hê, gebruik ’n staafmenger om die ui saam met die eerste drie bestanddele te verpulp.) Roer die suurlemoensap en -skil, mosterd, sout, peper en vars dille by. Proe vir geur en pas aan indien nodig. Giet die slaaisous in ’n gesteriliseerde fles of bottel, verseël lugdig en bêre in die yskas.
Lewer ongeveer 330 ml slaaisous
Bestanddele
90 ml suurroom90 ml mayonnaise

Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier