100 g sagte botter
125 ml strooisuiker
2 ekstragroot eiers, geskei
250 ml bruismeel
Knippie sout
Sap en skil van 2 groot suurlemoene
500 ml karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met gesmelte botter. Verroom die botter en suiker goed. Klits die eiergele by. Voeg die meel, sout en suurlemoenskil en -sap by en maak met die karringmelk aan tot ’n gladde beslag.

Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide bak en bak vir 20-30 minute tot goudbruin en ferm. Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.