• 2 eiers 250 g botter, gesmelt
  • 750 ml versiersuiker, gesif
  • 700 ml klapper
  • Fyngerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene
  • 1 pak (200 g) Mariekoekies, baie fyn gekrummel

Smeer ’n vierkantige oondpan van 24 cm en voer dit uit met bakpapier. Klits die eiers en meng dit met die warm botter, versiersuiker, klapper, suurlemoenskil en -sap en koekiekrummels. Meng alles baie goed saam. Skep die mengsel in die voorbereide pan en druk dit stewig en gelyk vas. Verkoel tot ferm, keer uit en sny in blokkies. Bêre die blokkies in die yskas.

Lewer sowat 45 blokkies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.