Krummelkors

1 pakkie (200 g) Oreo-koekies, goed fyn gedruk

80-100 ml gesmelte botter

Vulsel

1 blik (397 g) volroom-kondensmelk

1 houer (230 g) geroomde maaskaas

60 ml vars suurlemoensap

Bolaag

250 ml room

15 ml strooisuiker

60 ml kersielikeur

1 blik (415 g) swartkersies, goed gedreineer

Sjokoladeblare of sjokoladekrulle, om te versier Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomtertbord van 22 cm met botter. Meng die beskuitjiekrummels en gesmelte botter goed saam en druk dit op die boom en teen die kante van die tertbord vas. Verkoel tot benodig. Klits die kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap goed saam.

Skep in die kors en smeer gelyk. Sit die tert in die oond, maar skakel die oond dadelik af. Los die tert vir 30 minute in die oond. Haal uit, laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot benodig. Klits die room, suiker en kersielikeur saam tot stywe punte vorm. Skep of spuit die room in ’n mooi patroon op die tert en rangskik die kersies bo-op. 

Lewer 12-14 porsies.