Basiliekruidvinaigrette

Groot hand vol vars basiliekruidblare

80 ml olyfolie

60 ml wit balsamiese asyn

Sout, suiker en swartpeper na smaak

500 g kersie- of romatamaties, gehalveer of in kwarte gesny

2 groot, ryp avokado’s, ontpit en in blokkies gesny

200 g aspersies, gestoom tot net-net gaar en in stukkies gesny

2 groot hande vol blaarslaai, grofgeskeur

Verwerk die bestanddele vir die slaaisous in ’n menger tot glad. Proe vir geur en voeg sout, suiker of peper by om die balans reg te kry. Giet die slaaisous oor die gesnyde tamaties en avokadoblokkies en laat vir minstens 10 minute in die slaaisous staan.

Rangskik die slaaiblare en aspersies op ’n opdienbord. Skep die tamaties en avokadoblokkies (en slaaisous) net voor opdiening oor.

Lewer 4 groot porsies