Hoe ryper die tamaties in die son bak, hoe meer geur het dit en jy proe dit sonder twyfel in die eindresultaat.
¦ 60 ml olie
¦ 1 kg tamaties, geskil en gekap
¦ 3 groen appels, geskil, ontkern en grof gerasper
¦ 3 groot uie, grof gekap
¦ 500 ml bruin asyn
¦ 1 brandrissie
¦ 15 ml sout
¦ 500 ml pitlose rosyne, grof gekap
¦ 5 ml kaneel
¦ 3 ml gemaalde naeltjies
¦ 5 ml komyn
¦ 3 ml gemengde speserye
¦ 750 ml ligbruinsuiker
Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die tamaties, appel en uie daarin tot die uie sag is. Voeg die asyn by en roer goed. Maak met ’n skerp messie ’n diep keep in die brandrissie en voeg dit net so heel by (jy haal dit later weer uit). Voeg die sout, rosyne, speserye en suiker by en verhit stadig tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer.
Prut die blatjang lank en stadig, terwyl jy roer, tot dik en geurig. Wees versigtig dat die blatjang nie brand nader aan die einde van die kooktyd nie. Verwyder die heel brandrissie en bottel en verseël terwyl die blatjang nog warm is. Lewer 4 groot flesse blatjang.
Kombuiswenk
Vir ’n lekker, soeterige brandsmaak, voeg 125 ml gesnipperde pikantrissies (Peppadews™) saam met die rosyne by die blatjang.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier