8 hoenderstukke

Sout en peper

30 ml olyfolie

1 groot ui, gekap

1 groen soetrissie, gekap

1/2 pak (125 g) spekvleis, gesnipper

4 knoffelhuisies, gekap

125 ml rooiwyn

1 x410 g blik tamaties in sap

125 ml hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk hoender droog en geur met sout en peper. Braai in olie tot goudbruin. Skep uit in ’n oondbak en hou eenkant.

Braai ui, soetrissie en spek in dieselfde pan tot gaar. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy die pan se boom skraap.

Voeg tamaties en aftreksel by en laat kook sonder die deksel vir ongeveer 10 minute. Giet oor die hoender in die oondbak en bedek met foelie. Bak vir 20 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 15-20 minute.

Lewer 6-8 porsies.