500 ml goeie brandewyn of vodka

4 vet vanieljepeule, in die lengte deurgesny

Giet die brandewyn in ’n gesteriliseerde fles. Skraap die saadjies uit die peule en voeg dit (saam met die peule) by die brandewyn in die fles. Bedek lugdig (met ’n gesteriliseerde deksel en laat staan die fles vir 1-2 maande op ’n koel, donker plek.

Skud dit elke nou en dan liggies (selfs ná die twee maande staantyd verby is). Bêre op ’n koel, droë plek en maak seker dis altyd lugdig geseël.

Hoe langer dit staan, hoe donkerder sal die ekstrak word. Lewer 500 ml geursel.