2 blikkies (170 g elk) fyn tuna, goed gedreineer

Sap en fyngerasperde skil van 2 klein suurlemoene

4 agurkies, fyngerasper

2 groot, gaar aartappels, fyngedruk

45 ml gekapte, vars pietersielie

2 wiele fetakaas, fyngekrummel

2 eiers

30 ml melk

125 ml koekmeel

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Olie, vir braai

Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eiers en melk saam en voeg by.

Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Haal die vismengsel uit die yskas, vorm in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar.

Lewer 6 porsies.