Slaai

Hand vol botterslaaiblare
Hand vol vars roket
Halwe middelslag-komkommer
2 middelslag-wortels
1 blik (170 g) tuna, gedreineer
125 ml ingemaakte botterbone, gedreineer en afgespoel
2 hardgekookte eiers

Jogurtslaaisous

45 ml natuurlike laevetjogurt
Sap van halwe suurlemoen
5 ml olyfolie
2 ml Dijonmosterd
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
3 ml fyngekapte dille

Meng die slaaiblare en roket en verdeel tussen twee borde. Gebruik ’n aartappelskiller om dun linte van die wortels en komkommer te maak. Rangskik op die slaaiblare.

Verdeel die tuna en bone tussen die borde. Sny die eiers middeldeur (of in kwarte) en sit dit op die slaai. Meng ál die bestanddele vir die slaaisous saam en drup oor die slaai net voor ete. Lewer 2 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.