5 groot uie, geskil en fyngesny

30 ml olyfolie

15 ml suiker

10 repe spek, gesnipper

8 snye brood (wit of volgraan), korsies afgesny

45 ml sagte botter

250 ml suurroom

60 ml melk

3 eiers, geklits

15 ml dijonmosterd

60 ml gekapte, vars pietersielie

125 ml gerasperde, sterk cheddar

Voorverhit oond tot 180 °C. Braai die uie oor lae hitte in die olyfolie tot sag. Voeg die suiker by en braai tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die spek in dieselfde pan tot bros. Voeg die uie weer by.

Smeer die brood aan albei kante met botter en pak in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak sodat die boom bedek is. Skep die uie-en-spekmengsel op die brood.

Klits die suurroom, melk, eiers, mosterd, pietersielie en kaas saam en giet oor die uiemengsel. Bak vir 25 minute of tot ferm. Sit warm voor.

Lewer 6-8 porsies