- 1 ui, gekap

- 60 ml olie

- 30 ml fyngerasperde, vars gemmer

- 2 knoffelhuisies, fyngedruk

- 5 ml gemaalde koljander

- 15 ml komyn

- 12 ml kerriepoeier

- 1 blik (410 g) tamatiepuree

- Tamatieblik vol water, plus ekstra om aan te vul

- Sout, swartpeper en bruinsuiker na smaak

- 1 kg beenlose varknekblokkies

- 125 ml dik, natuurlike jogurt

- Sap van 1 suurlemoen

- Vars koljander, grofgekap

Braai die ui in ’n oondvaste kastrol in die olie tot sag.

Voeg die gemmer, knoffel, koljander, komyn en kerriepoeier by.

Braai verder vir ’n minuut of twee tot die speserye lekker geurig is.

Voeg die tamatiepuree en water by en verhit tot kookpunt.

Proe vir geur en voeg genoeg sout, peper en bruinsuiker by om die sous se smake te balanseer.

Voeg nou die varkvleisblokkies by.

Bedek en prut stadig vir ongeveer 2 uur tot die vleis baie sag en die sous dik en geurig is.

Voeg ekstra water by as die sous te dik word.

(Jy kan die kerrie ook in die oond bak teen 180 °C vir 1½-2 uur.)

Roer die jogurt, suurlemoensap en vars koljanderblare deur.

Sit voor met gestoomde rys, piesang met geroosterde klapper en ’n tamatie-en-komkommersambal.

Lewer 4-6 porsies