Ek het net varkvleis en spek op die stokkies geryg, maar as jy verkies om groente by te sit, sal blokkies rooi soetrissie goed werk.

¦ 10 ml paprika

¦ 10 ml geroosterde, fyn komyn

¦ Sap van 1 groot suurlemoen

¦ 30 ml tamatiepuree

¦ 45 ml olyfolie

¦ 1 kg varkfilet, in blokkies gesny

¦ 1 pak repiespek (met lekker baie vet), in repies gesny

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper

Meng die paprika, komyn, suurlemoensap, tamatiepuree en olyfolie saam en giet dit oor die varkvleis, in ’n nie-metaalbak. Meng die vleis en spesery goed. Bedek en laat marineer in die yskas vir 1-3 uur.

Ryg die varkvleisblokkies en stukkies spekvleis op sosatiestokkies. Geur met sout en swartpeper en braai die sosaties oor matige hitte tot gaar na smaak.

Sit voor met aartappelslaai en braaibroodjies. Lewer 6 porsies.