625 ml water
250 ml suiker
10 lemoene (ongeveer 625 ml sap)
125 ml vars suurlemoensap

Verhit die suiker en water stadig tot die suiker gesmelt is. Rasper intussen twee van die lemoene se skil af en voeg dit by die suikermengsel. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Giet die mengsel deur ’n fyn sif of moeseliendoek en laat heeltemal afkoel. Voeg nou die sap van 10 lemoene (of 625 ml vars lemoensap), asook die suurlemoensap, by en meng goed.

As jy ’n roomysmaker het, giet die mengsel daarin en skakel dit aan tot die sorbet gevries is. Skep in ’n geskikte houer, bedek en vries tot reg om te gebruik.

As jy nie ’n roomysmaker het nie, vries die mengsel tot half bevrore. Klits dit goed deur om die yskristalle af te breek en vries weer. Herhaal die proses nog twee keer as jy ’n sorbet met ’n fyn tekstuur wil hê voor jy dit uiteindelik vries. Lewer 1,4 liter sorbet.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.